Dr. De Jager Booysen
Pediater/ Kinderarts. Spesialis Gesondheidsorg vir Babas, Kinders en Adolessente.
Spesialisdienste
Spesialisdienste
Algemene Pediatrie
Hierdie praktyk geniet alle aspekte van kinderontwikkeling en geneeskundige probleme.
Neonatologie
Dr Booysen het ‘n spesiale belangstelling in Neonatologie. Neonatologie is die versorging van premature babas in die hospitaal.
Neurologie
Kinders met ADHD en leerprobleme kry optimale hulp.
Moeilike Gevalle
Ons is hier vir die moeilike gevalle! Ons spesialiseer in die oplossing van uitdagende gevalle.
“The things that make me different are the things that make me” – Winnie the Pooh
Ons Praktyk
Dr. Booysen is ʼn algemene pediater. Hy het sy mediese graad aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en voltooi sy kwalifikasies in 1990. Na ʼn dekade as Algemene Praktisyn bekwaam hy hom as Pediater aan dieselfde universiteit. Sy passie lê veral by Neonatologie en die behandeling van pasgebore babas. Hy fokus egter op alle aspekte van kindergesondheid en -ontwikkeling by kinders tot en met 14 jaar.
Kontak Ons
Ons hoor graag van jou. Kontak ons gerus om afspraak te maak.